Wednesday, September 08, 2010
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Gideon van Zyl

Tyd om te besin

(2 votes)

 

Dit is alweer ‘n besige maar goeie Maandag. Dinge staan so ‘n bietjie in die kader van afwagting. Ons wag vir alles. Ons wag vir die oefening vanaand met Murg om ons strategie vir volgende Dinsdagaand te bepaal. Ons wag vir die naweek om op te daag sodat ons nog songs kan opneem vir die nuwe album. Ons wag vir die nuwe Murg t-hemde. Ons wag vir die Battle of the Bands semi finaal. Ons wag vir betaaldag volgende week en Vrydag. Dus – realisties gesproke is ons in ‘n wagtende oomblik.

Wagtende oomblike is goed, want dan kry mens kans om te dink oor dinge. Mens kry kans om tydelik asem te haal, maar mens kry ook kans om te ontdek wat verkeerd gaan of verkeerd is.

 

Read more: Tyd om te besin

 

My helde - Pieter de Villiers en Luke Watson

(1 vote)

Lees ek vanmore in die Rapport ‘n storie oor Div oftewel Snorman de Villiers. Dit het vir my baie verduidelik. Iets oor sy chip op sy skouer en iets oor die manier wat hy na dinge kyk.

Ek het empatie.

Ek moet erken dat ek gereeld probleme het met sommige van sy spankeuses (byvoorbeeld sy agterlyn in die laaste Springboktoets teen die Leeus), maar daar is ‘n verskil daar tussen om iemand te kritiseer oor spankeuses en om van hom ontslae te raak as coach. Ek dink hy is die beste ding wat met Suid-Afrikaanse rugby gebeur het in jare. Natuurlik sal ek baie van julle se wrok op die hals haal deur so ‘n stelling, maar ek kan ook dit wat ek sê verdedig.

 

Read more: My helde - Pieter de Villiers en Luke Watson

   

Vrydag - uiteindelik! 'n Ander faait. Varkgriep in die townships.

(1 vote)

Vrydag - Uiteindelik!!

 

Die chaos stop nie, maar gisteraand het ek ‘n bietjie van ‘n break gekry om net asem te haal. Ek hou daarvan om besig te bly maar sommige dae is net so ongelooflik druk dat ek wil smeek dat die lorrie net so ‘n bietjie mote stop. Woensdag was nogal hersteltyd vir my na die Battle of the Bands van Dinsdagaand, en Woensdagaand het ons ons normale gig gedoen by Liedjieboer. Dit was ‘n bietjie stillerig gewees , en ek was baie moeg, en die energie was merkbaar afwesig. Die lekker verrassing was dat da Mario en Karin opgedaag het, ek ons het darem kans gehad om ‘n bietjie te kuier. Dit was nogal gaaf gewees met my Susanna wat ook daar was. Woensdagaande by die Liedjieboer bly vir my maar ‘n fondasie-gig. Ons is tuis en by die huis daar.

Read more: Vrydag - uiteindelik! 'n Ander faait. Varkgriep in die townships.

   

Klipdrift Battle of the Bands. Gerrie Pretorius

(2 votes)

Die groot nuus van die afgelope twee dae is dat Murg effektief deur is na die semi-finale van die Klipdrift Battle of the Bands. Die bands wat in die laaste rondte speel Dinsdagaand die 14e sal ‘n groot haas uit die hoed moet trek om ons uit daardie posisie te speel. Ons he took gisteraand ‘n celeb judge gehad in Gerrie Pretorius wat daar was. Ek weet nie of dit ons gehelp het of nie, maar dit was nogal cool om hom te ontmoet, en eerlik gesproke het hy met sy sinvolle kommentaar op sommige van die swaarder rock bands my respek gewen. Hy is baie meer as net ‘n Bles Bridges kloon of Swing sanger.

My uitkyk dat die publieke persoon en die persoon self twee verrassend verskillende persona's is het alweer vir my kom keelskoonmaak. 

 

Read more: Klipdrift Battle of the Bands. Gerrie Pretorius

   

Die Korporatiewe gig. Ons praat nie rugby nie. Opname saam met Riku Latti

(1 vote)

Wat ‘n wilde tyd die laaste paar dae!! Vandat ek laas geblog het het ek eerlik gesproke nie kans gehad om te blog nie. Nie omdat ek nie probeer het nie, net omdat ek die hele tyd uit besig was. Okei – Saterdag gedurende die rugby kon ek seker geblog het, maar – dit was rugby.

 

Read more: Die Korporatiewe gig. Ons praat nie rugby nie. Opname saam met Riku Latti

   

Page 10 of 27

Twitter Status Inligting

Basic authentication is not supported

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 38 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za