Thursday, April 18, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Gideon van Zyl

Wat het gebeur in Nigel?

(2 votes)

Wat het gebeur in Nigel?

Ons is genooi om Saterdag die 19e ‘n gig te gaan speel by Nigel in die Oos-Rand. Interessante plek Nigel. Dit is vir my die eerste gig wat ek ooit in Nigel gedoen het, en ook die eerste keer wat ek enigsins in Nigel was waarvan ek weet. Ooit.

 Ok, so ek het 'n blou wang opgedoen en dit kan een van drie dinge wees:

(a) Daar was 'n girl in die voorste ry wat vir my ogies gemaak het en my vrou het my geslaan

(b) Ek is aangeval deur 'n Gazebo

(c) Ek was in Nigel

Lees verder vir die antwoord Wink

Read more: Wat het gebeur in Nigel?

 

'n Lekker vet debat

(6 votes)

Ek het ‘n tyd gelede geskryf oor vet mense, diete, en wat dit is om vet te wees. Ek dink dit is tyd om weer daaroor te praat in die lig van die gesprekke oor lugrederye wat nou passasiers wil weeg. Ek praat aspris van vet – nie oorgewig, horisontaal gestremd of enige van die eufemismes wat gebruik word om ons te beskryf nie. Ek is vet – en snaaks genoeg – gemaklik daarmee. Wil ek nie maer wees nie? Ja asseblieftog. Ek wil. Ek wil dit absoluut wees. Geen verskonings nie. Maar ek is nie. As ek ‘n magic switch kon gooi om net te kan verslank sou ek dit doen, maar ek het nie een nie, en ek gaan nie dat jy my selfbeeld opdonner net omdat jy nie gewoond kan raak aan my liggaamsvorm nie.

Read more: 'n Lekker vet debat

   

Gerdt Roetz, Lydia Winchester, Johnny Late, Murg en Route 66

(3 votes)

Ja, ek weet. Dit is ‘n baie laat blog die, maar daar het baie gebeur intussentyd. Meeste daarvan goed. Baie goed selfs.Hoogtepunte uit die laaste paar weke sedert my vorige blog is Gerdt Roetz se video opname, Lydia Winchester se jaar-eind paartie, Johnny Late se DVD opname, Verdere opnames aan Murg se debuutalbum, Naak, Murg se optrede by die Bootklub by Hartebeespoortdam en Akoestiese optrede by Route 66 naby hartebeespoortdam

Read more: Gerdt Roetz, Lydia Winchester, Johnny Late, Murg en Route 66

   

Gatvol

(2 votes)

Ek weet nie of julle ooit by daai punt kom nie, en miskien is ek net ‘n rustelose siel, maar somtyds kom ek by die punt wat ek net voel dat dit tyd is vir verandering. Ek voel iets is nie reg nie, en dat ietsie moet verander. Deel daarvan is dat ek ‘n beklemmende gevoel kry wanneer ek dink aan iets wat ek moet gaan doen. Date k by die punt kom met sekere dinge dat ek regtig nie met die strooi wat ek vandag moet pleeg hoef opgeskeep te sit nie. Basies word ek gatvol.

Nouja – hier is ek alweer by ‘n gatvol punt, en ek weet nie regtig op hierdie stadium van my lewe hoe om daarmee te deel nie, want ek is nog nie reg daarvoor om gatvol te wees nie. Ek het nog ses maande oor voor ek kan bekostig om gatvol te wees.  Miskien kort ek net daai vakansie wat ek myself belowe het en sale k dinge kan opvreet vir nog ses maande. Miskien kort ek om ernstig in die gym uit te kom, en miskien moet ek net my ses maande plan versnel dat ek gouer kan bekostig om gatvol te wees. Miskien. Miskien Miskien...

Read more: Gatvol

   

Musikale week, SARS

(1 vote)

Die afgelope week was daar baie fokus weer op musiek. Ek is uiteraard hard aan die werk aan die nuwe webblad om musiek te verkoop. Ons het Donderdagaand na die verfilming van die laaste gedeelte van ‘n film gegaan (waar ons ook vir Theuns Jordaan en Elizma Theron in konsert gesien het),ek het Vrydagaand ‘n show van Riku Latti en Albert Frost bygewoon by Steak ‘n Ale en Saterdag het ons weer gewerk aan die nuwe cd – by Riku op die plaas. Maandagaand het ons geoefen vir eerskomende Saterdag se opname, en gister en vandag was ek in die Kaap. O – en tussendeur het ek myself weer probeer geregistreer kry as ‘n belastingbetaler – ‘n moeiliker taak as wat mens sou dink.

 

 

Ek is sommer uitasem as ek net daaraan dink.

 

Read more: Musikale week, SARS

   

Page 11 of 33

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 22 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za