Ghoema Toekennings
Last Updated on Tuesday, 16 April 2013 21:23 Written by Gideon van Zyl Tuesday, 16 April 2013 20:24
Sondag was dit weer die Ghoema toekennings. Ek was weer fotograaf en dit was soos verlede jaaar ook 'n fees. Ek het kans gekry om my ou nuwe Canon 70-200 f2.8L IS lens uit te toets. Oud want dit is 'n tweedehandse lens en nuut want ek het hom nou twee keer gebruik. vir 'n troue en nou weer vir die event. Dit is miskien die vorige reeks lens in die klas van Canon, maar maak nie 'n fout nie - hy is skerper as skerp.


