Friday, May 24, 2013
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Blog

Melody se boekaniers

(0 votes)

Alweer Boekaniers

 

Vanmore lees ek toe weer van kapers wat skepe aanval. Die keer is dit die Melody wat op pad is na Italie. http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2510545,00.html

 

In kort die storie is dat die Kaptein die eer vir die afweer van die boekaniers le by die sekurtiteitsmaatskappy wat die boot beveilig, waar die passasiers kleim dat dit hul grootmoedige en heldhaftige optrede was om dekstoele na die skurke te gooi van die boot af wat ongetwyfeld die boot met al sy passasiers gered het.

 

Die volgende juweeltjie het my opgeval:

„Die bevelvoerder van die Somaliese seerowers wat die skip aangeval het, was ongelukkig oor die verlore kapingsgeleentheid.

“Ongelukkig kon ons om tegniese redes nie die skip oorneem nie,” het mnr. Moehamed Moese per telefoon aan AFP uit Eyl, ’n seerowerlêplek in die noordelike Somaliese-wegbreekstaat Puntland, gesê. “

Nou vra ek jull emet traantjies in my babyblou oe – hoe is dit dat die opinie van die pogende kapers gevra word oor die saak en hoe is dit dat dit rapporteer word asof die kapers ‘n legitieme besigheid is wat ’n belangrike besigheidstransaksie verloor het? Is dit net ek of leef ons nou in lala land waar die kriminele se opinie die koerant haal?

Gister se gig

Gister se gig by Jukebox was ’n fees. Nie omdat ons baie mense daar gehad het om te kom luister nie, maar omdat Jannie Lategan vir ons lead kitaar kom speel het. Die hele band was baie tighter en daar was baie meer energie op die verhoog. Die hele Murg konsep is nou besig om goed wiele te kry. Kyk uit vir ons by die Klipdrift Battle of the bands op die aand van die 26e Mei. Julle sal dit geniet.

 

Sondagkoerante, foto's

(0 votes)

Koerante – Heeha!!

Sondag. My hoogtepunt van Sondae is die Sondag koerante. Sondag koerante is spesiaal. Die res van die week het meestal net boring nuus. Die Beeld hier bo in die rand vertel byna sonder uitsondering in hoofletters op die voorblad en elke bladsy daarna dat ons land eintlik oorstelpend swak is, en dat daar geen rede is waarom enige selfrespekterende witman hier sal wil bly nie. Dit deel byna uitsluitlik met moord en doodslag, grusame ongelukke, verkragtings, bedrog. As enigiemand van die buiteland die Beeld sou kon verstaan, sou hulle ten eerstens nie durf waag om na Suid-Afrika toe te kom nie, en ten tweedens sou hulle as hulle wel gekom het, hul eie kartetsjakkies (flakjackets), private lyfwagte en dies meer saambring a la Bagdad. Vir die oningeligdes – wees gewaarsku – Armageddon is hier, en hy woon in ’n straat in Sunnyside.

 

Read more: Sondagkoerante, foto's

   

Jukebox Sondag

(0 votes)

Jukebox Sondag

More-middag hety ons die Sondag-middag familie eet/kuier/musiek gig by Jukebox in Brakpan. Toegang is maar R 50-00 en dan kry julle ’n ete, 1e rangse musiek van my saam met die Murg band, en ’n lekker kuierkans. Vandag het ons ‚n spesiale gaskunstenaar. Jannie Lategan van die Johnny Late band speel vandag lead kitaar saam met ons en ek sien regtig uit daarna. Dit behoort nuwe dinamika aan die klank te gee.

 

Dit is redelik maklik om daar uit te kom. Jy ry op die N12 rigting Witbank, en draai af op Snake road afrit. By die verkeerslig gaan regs onder die snelweg deur en ry aan tot jy die Bordjie kry wat Nigel/ Brakpan-Noord aandui. Draai daar links. Hou regs waar die pad split en uieindelik kom jy by ‘n sirkel uit. Draai links in Elliot straat in en hou reguit aan tot jy Jukebox aan die linkerkant sien. Dit is reg oorkant die straat wat langs die rugbyklub verbygaan.

 

Meksikaanse Griep

Die griep gaan nog aan, met nuwe gevalle aangemeld in Switzerland, Denemarke, Hong Kong, Frankryk en Korea. Gevalle van oordraging van die virus tussen twee mense in dieselfde land is aangemeld in Spanje en en die Verenigde Koningkryk. Die statistieke ly sos volg:

 

Meksiko het 397 bevestigde gevalle rapporteer, insluitend 16 sterftes. Die Verenigde State se regering het 141 laboratorium-bevestigde gevalle rapporteer insluitend een sterfte.

Die volgende lande het laboratorium-bevestigde gevalle sonder sterftes - Oostenryk (1), Kanada (34), China, Hong Kong (1), Denemarke (1), Frankryk (1), Duitsland (4), Israel (2), Nederland (1), Nieu Zeeland (4), Suid-Korea (1), Spanje (13), Switzerland (1) en die Verenigde Koninkryk (13).

Interessante nuus rondom die griep is dat Hong Kong ‘n hele hotel onder kwarantyn geplaas het met meer as 100 toeriste wat nie kan uitkom nie. Lyk my die vrees begin nou diep loop.

Nou gaan ons eers uit na Flora Farm toe om foto’s te neem van die orgidiee, en dan gesels ons miskien weer later met ‘n paar pics.

 

Tot Kyk

 

-Gideon-

   

Nog Varkgriep, die naweek is hier en Klipdrift Battle of the Bands

(0 votes)

 

Die Meksikaanse Griep – nuutste nuus

Volgens die WGO ontwikkel dinge steeds vinnig. Gisteraand is die status opgradeer na Fase 5. Dit beteken basies dat dit 'n dreigende pandemie is. Kry julle maskertjies, was julle hande en vee julle snotneusies mooi af asseblief.

Teen 19:00 vandaand 30 April 2009, het 11 lande amptelik 257 gevalle van A (H1N1) besmetting geraporteer.

Die Amerikaanse regering het 109 laboratorium-bevestigde menslike gevalle rapporteer, met een sterfte. Meksiko het 97 bevestigde gevalle van besmetting, met sewe sterftes.

Die volgende lande het laboratorium- bevestigde gevalle met geen sterftes Oostenryk (1), Kanada (19), Duitsland (3), Israel (2), Nederland (1), Nieu-Zeeland (3), Spanje (13), Switzerland (1) en die Verenigde Koningkryk (8).

Besige naweek voor

Die naweek wat voorle gaan lekker besig wees. Ons beplan heelwat dinge. More-oggend gaan ons kyk na ‘n elektroniese dromstel wat David vir himself wil koop om meet e oefen, more-middag he tons ‘n oefen-sessie met Jannie Lategan. Jannie speel lead kitaar vir ons Sondag-middag. Jannie is ook bekend van die Johny Late Band.

 

Verlede Sondag se ete was ‘n massale sukses. Julle sal definitief dit wil maak vir eerskomende Sondag. Ons stel op van so 1-uur die middag af en begin so 2-uur se kant speel. Kaartjies is R 50-00 en julle kan vir my ’n e-possie stuur om vir julle te bespreek. Stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it toe.

 

Klipdrift Battle of the Bands

Ons het ingeskryf vir die Klipdrift Battle of the Bands, en die eerste rondte uitdunne vir ons sal plaasvind op die aand van 26 Mei by die Supersport Bar by Carnival City. Ons het jul ondersteuning nodig!! Toegangsfooi is maar R 20-00. Vir die van julle wat Dinsdagaande niks he tom te doen nie – die uitdunne is elke Dinsdagaand. Die beoordelaars is Wimpie van der Sandt, Wimpie Rudolph, Henry Bruinette van Oos-Rand stereo, Riaan Groenewaldt van Klipdrift en Andre Leibrandt van die band Scintillate wat verlede jaar se BOTB gewen het.

 

Tot Kyk

 

-Gideon-

   

Varkgriep

(1 vote)

Varkgriep

 

Die groot nuusstorie die afgelope paar dae op die televisie, internet en in koerante is die sg varkgriep. Ek weet nie regtig waarom dit die varkgriep genoem moet word nie, want daar is blykbaar genetiese materiaal van twee soorte varkgriep virusse, een soort menslike griepvirus en een soort voëlgriepvirus. Dus moet hulle dit dalk die 2vark/mens/voëlgriep noem. Dit is wel duidelik dat die nuutste virus die wêreld in rep en roer het, maar ook die Wêreld Gesondheids Organisasie (www.who.org) laat gryp na hul ventilators.

 

Blasé

My eerste reaksie was soort van waarom is dit nou interessant dat daar nog ’n virus uitbreek in die wêreld. Toe besef ek dat ek eintlik besonder blasé is oor ‘n virs wat potensieel net so erg kan wees soos die Spaanse griep van 1918-1919. Miskien is dit al die aanslae van die media oor die laaste paar jaar – eers was dit SARS, toe Voëlgriep en nou die Varkgriep. Miskien, is dit net dat ek nie glo dat die media altyd objektief kan wees nie. Dit is uit die aard van hul besigheid – enigiets wat verspreiding van hul koerante of nuusstories kan verhoog maak meer geld vir hulle en daarom sal hulle die stories uitpak.

 

Hoe ernstig is dit nou?

Nou het ek ’n bietjie gaan kyk wat ek kan uitvind oor die griep storie. My eerste stop is die World Health Organization se webblad – www.who.org – waar ek die huidige status van die siekte kan sien. Die huidige status van die 2vark/mens/voëlgriep by die WGO is dat die griep Fase 4 gereedheidsstatus bereik het. Dit beteken dat die virus bewese mens na mens oordrag bereik het. Dit is ook die laaste fase voor dit as pandemie verklaar word. Ek haal aan van hul webblad:

“Phase 4 is characterized by verified human-to-human transmission of an animal or human-animal influenza reassortant virus able to cause “community-level outbreaks.” The ability to cause sustained disease outbreaks in a community marks a significant upwards shift in the risk for a pandemic. Any country that suspects or has verified such an event should urgently consult with WHO so that the situation can be jointly assessed and a decision made by the affected country if implementation of a rapid pandemic containment operation is warranted. Phase 4 indicates a significant increase in risk of a pandemic but does not necessarily mean that a pandemic is a forgone conclusion.”

http://www.who.int/csr/disease/avian_influenza/phase/en/index.html  

Die WGO is so besorgd oor die virus dat hulle vir vandag ’n noodvergadering belê het om dit te bespreek. Dit is slegs 2 dae na die vorige vergadering van die 27e. Dus het ons hier te make met meer as net ’n klein bekommernissie deur die media.

 

In watter lande is al reeds definitiewe gevalle diagnoseer?

Volgens die opdatering van die WGO was die status teen gistermiddag dat 28 April 2009 dat 7 lande amptelik gevalle identifiseer is. Die VSA het 64 bevestigde infeksies gehad, met geen sterftes nie. Meksiko het 26 gevalle gerapporteer met 7 sterfgevalle. Die volgende lande het bevestigde gevalle rapporteer - Kanada (6), Nieuw Zealand (3), die Verenigde Koningkryk (2), Israel (2) en Spanje (2). Let wel dat hierdie slegs bevestigde gevalle is.

Die gerugte loop egter sterk. In Meksiko alleen is daar klaarblyklik 159 vermoedelike sterf gevalle en 2500 siekgevalle. CNN het pas die eerste sterfte in Texas rapporteer. Nuwe gevalle is vandag in Duitsland en in Puerto Rico aangemeld.

Waarom die paniek?

Die onwillekeurige vraag by my wat opkom is waarom almal paniekerig raak. Dit is miskien 159 sterftes in Meksiko waar daar jaarliks klaarblykbaar iets soos 36,000 mense aan griep doodgaan. Dus is dit ’n klein druppel in die spreekwoordelike emmer. Van wat ek kan sien is daar ’n paar redes.

·        Die eerste geval van die siekte is ’n week gelede identifiseer, maar het alreeds wêreldwyd versprei.

·        Dit versprei bitter vinnig

·        Daar bestaan nog geen entstof daarteen nie.

·        Die siekte maak selfs gesonde, sterk en fiks mense dood. Gewoonlik is dit ou mense, jong kinders en verswakte mense wat omkom aan griep. Nou is die sterftes onder almal. Dus is die impak potensieel baie groter.

As die huidige tendens voortduur (2500 infeksies in een week), en mens werk op ’n (totaal onwetenskaplike, maar tog konserwatiewe getal) getal van ongeveer 20 mense waarmee elke persoon in kontak kom en infekteer in ’n week, kyk ons na so 50 000 teen die einde van week twee, 1 000 000 na drie weke, 20 miljoen na ’n maand en na 5 weke 400 miljoen mense. Dit is miskien swak wetenskap wat ek hier gebruik, maar die impak kan massief wees. As die impak so vinnig groei sal daar natuurlik ’n poging wees om landsgrense te sluit, lugverkeer te stop, en die wêreldekonomie tot stilstand kom. Dit, gekombineer met die moontlikheid dat die wêreld se wetenskaplikes se pogings om ’n teemiddel te kry behoort die eksponensiële kurwe van groei in infeksies te laat afplat. Teen die huidige skynbare mortaliteitspersentasie van 15% beteken dit potensiële sterftes na 5 weke van  sterftesyfer van ongeveer 60 Miljoen mense.

Nou kan julle sekerlik stel dat dit suiwer spekulasie is, maar gaan kyk na die griepepidemie van 1918 en 1918 vir wat gebeur het. Die Washington Post by http://www.washingtonpost.com/wp-dyn/content/article/2006/12/21/AR2006122101466_pf.html  rapporteer oor ’n studie wat reken dat as die Spaanse Griep nou plaasgevind het sou die sterftesyfer van tussen 51 en 81 miljoen mense gewees het. Dus is dit nie vergesog dat met ander faktore soos die snelheid waarmee mense deesdae reis, die voorkoms van VIGS, die sterftesyfer van so ‚n virus baie meer kan wees nie.

Die Suid-Afrikaanse regering se gebrek aan aksie

Die SA se regering se reaksie (of gebrek aan reaksie) is wel vir my verrassend. Basies het hulle ’n wag-en-sien houding oor die siekte en hulle reik geen reiswaarskuwing uit soos die res van die beskaafde wêreld besig is om te doen nie. Die impak hiervan is dat SA reisigers potensieel die virus na SA kan bring vroeër eerder dan later. Elke dag wat die virus uit Suid-Afrika gehou kan word, is nog ’n dag wat ’n effektiewe teemiddel gevind kan word.

 

Tot Kyk

 

-Gideon-

   

Page 13 of 18

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 50 guests and 10 members online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za