Monday, December 18, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Blog

Uit met die oue, in met die nuwe

(0 votes)

Hoi Almal!!! 

Ek wou darem net opdateer met wat alles aangaan voor ons almal Kersfees vier en 2008 vaarwel toeroep. Die afgelope 6 of 7 weke was chaos vir my. Ek was meestal op die pad en het in Israel, Houston – Texas en Amsterdam draaie gaan gooi. Vir eers is ek nou by die huis, en kan ek konsentreer op ander, belangrike dinge.  

Oor Troues en dinge

Die afgelope naweek was dit weer sulke tyd met een van daai troumatiese oomblikke wanneer mens vriende hulself sien oorgee aan die huwelik . Ons het Saterdag saam met Wouter en Anita van de Venter hul huwelik gevier. Dit was ‘n eerstegraadse makietie, met ‘n hele boel van Susan en my se vriende wat ook die plegtigheid bygewoon het. Gaan loer gerus by hierdie skakel vir ‘n paar van die foto’s wat ek geneem het:http://www.facebook.com/album.php?aid=74446&l=2b3a7&id=558729664 

Nuwe cd

Ek is hard aan die werk aan die material vir ‘n nuwe album, en het al 7 liedjies wat gereed lê. Daar is ook konsepte vir ‘n hele paar ander songs. Dit gaan ons egter nie keer om te begin werk aan ‘n akoestiese “brug album” nie. Die idée is dat die helfte van die liedjies van “Murg” is, en die ander helfte nuwe material van die nuwe (toekomstige) studio cd gaan wees. DIt gaan ‘n eenvoudige akoestiese vierstuk wees met akoestiese kitare, akoestiese bas en percussions. Dan nog backing vocals by. Die vrae wat nog uitstaande is, is of ons dit lewendig in konsert gaan opneem en of ons dit in die studio gaan doen. Dit hang suiwer af van befondsing.   

Die geboorte van Boetie en die Bliksems

Nog ‘n interessante projek wat besig is om lewe te kry, is dat ek saam met die manne van Johnny Late Band en David gaan werk aan material vir ‘n band wat uitsluitlik saamgestel word om deel te neem aan die Klipdrift Battle of the Bands. Die band is ingeskryf as “Boetie en die Bliksems”, en ek dink dit gaan verrassende pakket van prêt en musiek wees. Repetisies begin vroeg in Januarie. 

Nog ‘n tribute show

Die Chris de Burgh Tribute show sal ook in die nuwe jaar begin vorm neem. Dit is ‘n hele show wat gemik is op die korporatiewe mark en sal hopelik gereed wees teen einde Februarie om op die planke te gaan. Vir die Chris de Burgh fans – hou die spasie dop vir meer inligting! 

Die Staat van die Musiekindustrie

Dit gaan blykbaar nie baie goed met die musiekindustrie nie. Cd verkope val, en mense koop nou net enkele groot kunstenaars se musiek in beduidende getalle. Ek kan dit ook sien aan my eie cd verkope wat die laaste paar maande redelik gestrem was. Ek skat dit is net eerlik dat mense liewers hul paar randjies sal spandeer aan dit waarmee hulle veilig voel. Jammer vir die res van ons. Dit is egter nie die einde van die wêreld nie, en ek dink dat ‘n tyd van ekonomiese depressie goed is vir die Afrikaanse musiekindustrie. Mens sien al reeds dat daar konsolidasie plaasvind en dat daar ernstige vrae gevra word oor die lewensvatbaarheid van sekere konsepte. Ek kan julle wel sê dat ek hierdie tye as ‘n geleentheid sien.  Ek hier om te bly, en ek is nie net hier om te bly nie, maar ek sien dit wat nou gebeur in die industrie as ‘n geleentheid om ons goeie opkomende musikante op intelligente maniere te probeer help. Weereens – hou die webblad dop vir meer inligting Daar is baie probleme met die effektiewe verspreiding van musiek deur konvensionele kanale in Suid-Afrika, en ‘n groot deel daarvan het te make met hoe direkte lyne van kommunikasie tussen fans en musikante nie noodwendig in verkope omgesit word nie. Hartseer genoeg is die persentasie van inkomste wat uit die verkope van cd’s genereer word wat opeindig by die musikante bitter klein, en is ek hard besig om idees te ontwikkel wat miskien ‘n meer effektiewe model kan inbring in die Afrikaanse musiekmark. Ek weet daar is al baie pogings aangewend om die model te verbeter, maar uiteindelik is musikante nog steeds die gevangenis van ‘n industrie wat klaarblyklik bitter min belangstel om ons goeie musikante en hul werk te promofeer, en meer behep is daarmee om te probeer om ‘n goue resep uit te werk hoe om nog onbeholpe formule-musiek uit te wors aan die algemene mark.  Ek weet dit verkoop, maar die vraag is of dit verkoop omdat dit al is wat blootstelling kry en of dit is wat verkoop omdat die mense dit wil he?  

Oor radiostasies en feeste

Ek vir een wil goeie kwaliteit musiek hoor op die radio en by feeste. Nie net derdegraadse produksies wat in iemand se liegfabriek genereer is nie. By die hoofstroom radiokanale wat nog enigsins Afrikaans speel, is daar panele wat besluit wat “geplaylist” mag word en wat nie. Die panele bestaan uit groepe van mense wat almal hul eie agenda’s het. Soms is dit polities, en soms is dit finansieël. Daar is basies ‘n groep mense wat – afhanklik van agenda’s – sekere musiek sal goedkeur en ander sal afkeur. Een na die mins belangrike kriteria is blykbaar kwaliteit.  Feeste was vroeer jare plekke waar jy innovasie uitgestal kon sien op oop verho”e. Dit was ‘n plek waar jy kon gaan en om elke hoek verras kon word met nuwe opwindende talent. Nou is dit helaas meestal net ‘n plek waar ons na eindelose lyste van talentkompetisie-sangers kan gaan luister wat een uigebleik-gesingde treffer na die ander uitryg op die begeleiding van sogenaamde backtracks. Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek het geen probleem met backtracks as sulks nie, en het wel ‘n probeem daarmee dat ons na opeenvolgende weergawes van “Sweef soos ‘n arend” moet luister van 30 verskillende poppies en proppies wie almal dieselfde klink. Wat ek wil hoor op ‘n oop verhoog is jong bands en sangers wat MUSIEK maak. Ek soek na jong Afrikaanse kunstenaars wat oorspronklike musiek kan sing – al is dit met backtracks. As hulle net kan sing wil ek unieke stemme hoor wat my laat nadink, of hartseer word of smag nie iets wat ek nie kan definieer nie. Ek wil kan rock saam met die nuwe generasie bands. Ek wil Afrikaans in ander baadjies hoor. Wat van Afrikaanse rock-jazz fusion of sommer net Afrikaanse funk? Wat van Afrikaanse techno of enigiets anders solank dit net nie dieselfde siellose eindelose rondopmtalie van geykte uitdrukkings en musicale clichés  is nie. Wat is die probleem met die Afrikaanse musiekindustrie? Die Afrikaanse musiekindustrie.  

Soek na musikante, promotors, booking agents en so aan

Ek het op die oomblik verskeie poste vacant in my nie-bestaande organisasie. As julle belanstel of weet van iemad wat dalk sal belangstel, of iemand ken wat iemand ken wat dalk belangstel, laat my asseblief weet.  Ek is besig om ‘n band saam te stel vir een van my konsepte. Basies soek ek na mense in die Kempton Park area wat die volgende instrumente bespeel:Baskitaar, leadkitaar (Akoesties en elektries), Dromme, Keyboards. As jy/hulle kan sing ook sal dit ‘n bonus wees. Die belangrikste vereisdes is dat die musikante moet dwelm-vry wees, bereid wees om op profit-deling basis te werk (dus word hulle betaal vir betaalde gigs), bereid wees om een keer per week te oefen en drie tot vier optredes per week te doen, en geen ander verpligtinge met betrekking tot ander bands of kunstenaars te he nie. Dus geen sessie musikante nie, behalwe waar hulle ‘n prioriteits-commitment kan maak aan die band. Ek benodig ‘n effektiewe booking agent/promotor met wie ek kan saamwerk. Dus stel ek nie belang om musikant nommer 200 van 200 musikante op hul boeke te wees nie, maar ek soek ‘n commitment om spesifiek met my te werk en my te promofeer as deel van ‘n klein groep musikante. Daar is baie projekte in die nuwe jaar wat gaan werk nodig he en het eenvoudig nie die tyd om alles te hanteer nie. Die ooreenkoms sal wees as persentasie van die gig-gelde of inkomste gegenereer uit aktiwiteite.   

‘n Bietjie promosie vir Kersfees

Noudat ek ander kon afmaak oor hul behoefte om inkomste te genereer - laat ek maar my eie kommersieële "blurp" doen. Innocent

My cd “Murg” is nog beskikbaar in die mark en kan aanlyn gekoop word vir julself of julle vriende word by Kalahari.net http://www.kalahari.net/music/Murg/19738/32805152.aspx  , Take2 http://www.take2.co.za/music-gideon-van-zyl-murg-3430833.html  en van Bowline se webblad http://www.bowlinemusic.co.za/sales/index.php?main_page=product_music_info&products_id=327&zenid=573e7466262f03acc4816d6c5e3c75cf  Julle kan ook die cd rate en oor iets moois skryf op al die webblaaie as julle alreeds ‘n kopie het. Help asseblief op die manier dat meen mense sal luister.  

Ek dink die storie is nou lank genoeg, so ek teken maar vir eers weer af. 

Groete 

-Gideon-

 

Jerusalem

(0 votes)

Jerusalem.  

 

Die een woord roep soveel konflikte op in my geheue en my emosie. Dit is die plek waar die Seun vervolg en uitendelik gekruisig is. Dit is die plek waar die heiligste van die Jode lê en wag vir iets om te gebeur. Dit is waar die Moslems vreesloos hul moskees geplant het. Dit is die plek waar oorloë geveg is, waar verheerlik is, geplunder is, onderdruk is en opgelig is. Vandag nog steeds is dit die smeltkroes van wêrelde. Dit is ’n kosmopolitaanse kroes van pelgrims, geldwisselaars, gelowe, siniese dogmatisme en nog dieperliggende siniese pragmatisme.  

Vir my is dit ’n plek van verweifeling en vertwyfeling. Dit is nie die plek waar ek die hart van die Seun of die lewe van die Seun afgebeeld kan sien nie. Dit net ’n plek om in konflik te wees. Miskien is ek teleurgesteld. Miskien wou ek iets tasbaars sien wat vir my hoop kan gee dat konflik opgelos kan word en dat daar hoop is, maar die hoop lê êrens anders. Daar is moskees gebou op plekke waar ander se heligdomme gestaan het. Die kerk wat gebou is op die plek waar Jesus volgens oorlewing begrawe is en gekruisig is, is eeue lank al ’n plek van rusie tussen kerke. Terwyl toeriste wild foto’s neem, probeer die Katolieke ’n mis en ’n optog hou. Die Grieks Ortodokse beheer met paternalistiese arrogansie, en êrens in ’n hoekie steek die Armeniërs hul kleim af. Ek sien afbeeldings van die kruisiging en van die begrafnis van Jesus. Ek sien ’n versierde tombe wat glo die graf was.

Hy is leeg.

Ek sien kerse en blink versierde mure. Ek sien interessante stukkies argitektuur wat deur eeue bygevoeg is – ’n mengelmoes van invloede – ’n duisend stukkies kuturele knutselgoed wat opmekaar en langs mekaar gestapel is soos desperate krete om erkenning van hul onderskeie belangegroepe.

 

Ek loop uit en bo-oor die plein. Bo die kerk troon daar ’n aanstellerige minaret uit.  Ek sien nie Jesus nie. Net honderde wat iets in Sy naam smous. Ek verstaan hoe Jesus die handelaars uit die tempel gejaag het. Ek loop verby winkeltjie na winkeltjie teen die Via Delarosa op. Ek neem deel aan die orgie van foto’s neem. Ek is tog ’n fotograaf. Instink neem oor. Wanneer winkeliers nog ‘n stukkie oorspronklike oudheid vervaardig in China of Taiwan aan my probeer verkwansel, kruip ek agter my lens weg en neem… neem… neem nog foto’s. T-hemde wat die Palestynse staat loof en die ligitimiteit van Israel verkondig hang langs mekaar. Op een muur hang Die Dawidster, Che Guevera en Jasser Arrafat sonder twis. Die winkelier praat Engels, Arabies, Hebreeus en ook genoeg Afrikaans om jou te laat verstaan dat die politiek van geld al is wat vir hom belangrik is.  

 

Uiteindelik loop ek uit die ou stad uit en haal diep asem. Die lug is vars en skoon, en die klipfasades van millenia is indrukwekkend van buite.

Erens het ek my onskuld verloor.

Ek dink nie dit was hier nie.

-Gideon-

   

Oorsig van twee weke en foto's

(0 votes)
Die laaste paar weke was ‘n op-en-af rit wat my herwaarts en derwaarts geslinger het. As onbekende in die Afrikaanse musiekmark en duisende ander onbekendes wat almal om dieselfde bietjie sigbaarheid meeding, is dit werklik taai. Tydskrifte staan nie sommer onderhoude toe nie, radiostasies playlist nie sommer jou musiek nie, en vir elke positiewe ding wat gebeur is daar vyftig situasies waar daar duidelik gestel word aan jou dat jy net nog ’n wannabe sonder naam of entiteit is. Dit is ’n bietjie soos my liedjie „Net ’n Nommer“ waar die s^e „Dis almal vreemdelinge net soos ek, en hul gaan by my verby, vergeet hul het my ooit gesien“. Dit is maar soos dit is en al my uitgebreide vriendekring help my absoluut niks as dit kom by die wat my net as nog een van daai naamlose gesigte sien daarbuite nie. Dus hou ons geduldig aan om die regte dinge te doen en elke dag wen ons nog mense om na ons te luister – een persoon op ‘n keer. Geduldig. 

 

 

Pampoene oppie dak fees was so iets. Ek het pragtige vriende onder die musikante, en die fees was ’n kans om nog kwaliteit te ontdek. Ek het uiteindelik vir Philip de Villiers, Abel Kraamsaal en Adam Tas ontmoet. Interessante mense en bekwame musikante. Dit was ook weer goed om vir Anton Goosen te sien. ‘n Man van formaat wat sy wortels verstaan en vriendskappe waardeer. Ek het net kans om vinnig weer met Brenda (Burnit) te gesels,  maar die tyd saam met Wouter en Anita was weer interessant soos gewoonlik. Die naweek was uitputtend maar wel baie, baie lekker. Soos gewoonlik by sulke goed was daar die gewone „ons moet ’n keer saam braai“ om maar net weer reg te maak om tot volgende keer te wag om dieselfde stelling te maak.  

Terug by my musiek – ek het Sondag by PODD Fees 'n akoestiese stel gedoen saam met my seun David op percussions en die Theo van Rensburg op kitaar. Dit was baie, baie mooi. Daar is ook ‘n Dvd van ons set wat gemaak is, en ek sal meer daarvan laat weet.

 

 

 

 

Maandagaand was die VAMT toekennings. Ek het niks gemaak daar nie, maar dit was lekker om vir Fjay te ondersteun en ook weer ‚n paar ou vriende raak te loop. Susan was ons fotograaf, en het heerlike kiekies gemaak. Ons vriendin en PR, Lydia Winchester was op haar stukke die aand en ons tafel was ‚n gelag van die eerste water met Lydia, Susan (my Susan), Fjay, Fjay se Karen, Lydia se man Piet, Leon van Heerden die radio-legende, Rilette Meyer met haar fotograaf seun. Meeste van die aksie en gebeure het egter om ons plaasgevind met Dorette Potgieter by die tafel langsaan as die belle of the ball, 'n idols tafel naby ons en so aan. Dit was interessant en vermaak

binne vermaak.  

 

 Dinsdagaand het ons weer ‘n Sweepslag konsert bygewoon. Dit was ‘n interesssante ene met Dana Winner, Steve Hofmeyr, Karin Ferreira en Albert de Wet wat opgetree het. Steve was op sy stukke, maar dit het gelyk of die stres van die laaste tyd hom vang. Albert het op sy stil maar intense manier Aliwal Noord gesing en die skare oorrompel. Dana het Sproetjies gedoen met haar fyn Belgiese aksent – so: „en ik zei Sproeiitjes“. Karin is ‚n bolletjie energie en het pragtig gelyk. Ek het soos gewoonlik ’n paar mooi kiekies gekry. Ek het ook kans gekry om Denny Lalouette (wat bas gespeel het op my cd) te sien en te gesels. Johan het ’n cd vir hom gegee en hy se dat hy dit baie geniet. Lekker om te hoor dat ouens wat op ’n projek die finale produk kan waardeer.Nouja, ek sal vir ‚n tyd moet wegwees, so ek sal seker nie te veel opdaterings doen op die blog nie. EK vertrek more-oggend na Israel vir my (betalende) hobbie (dus nie musiek nie), en dan vir twee weke na Houston, Texas vir dieselfde. Luister wel uit vir my onderhoud met Radio Suid-Afrika op die internet die aand van die 11e uit Houston. Julle kan ook inskype om saam te gesels. Ek is weer die 24e terug hier in Suid-Afrika vir ‚n week en dan is dit uit na Amsterdam toe tot die 12e Desember.  

 

 

Tog gou 

 

 

 

-Gideon-

   

Vinnige status

(0 votes)

Hoi Almal!

Ek wou darem net so vinnig in die verbyswaai waai. My lewe is 'n bietjie chaoties die afgelope paar dae. Verlede week was Sweepslag besoek, Pampoene Oppie dag Fees (Vrydag, Saterdag en Sondag) waar ek nie net opgetree het Sondag nie, maar ook die "amptelike fotograaf" was. Saterdagmiddag het ons deurgery na Middelburg waar ek die aand 'n optrede van David by sy ou skool se revue bygewoon het. Sondagoggend was dit terug na die Pampoene ding met David in die kar en nog deur harmonie gegaan. David het die eerste keer saam met my opgetree - hy het percussions gespeel en backing vocals gedoen. Maandagaand was dit die Vonk awards en gisteraand weer 'n Sweepslag opname.

 

Vandag vlieg ek Kaapstad toe vir 'n bietjie werk vandag en more. Dan het ons 'n redelike rustige naweek, behalwe dat ons 'n photoshoot beplan het vir Saterdag met die band Hansie Slim. Maandag vlieg ek na Tel Avin in Israel vir 'n Paar dae en dan Saterdagaand na Houston, Texas. Ek behoort daar aan te kom Sondag een of ander tyd, maar ek sal twee weke daar wees dan terug huistoe vir 'n week waarna ek na Amsterdam gaan. Saterdag die 13e is dit my vriende Wouter van de Venter en Anita Smit se troue, en dan uiteindelik sal ek van omtrent die 14e weer in 'n redelik normale roetine kan inval.

 

Ek hpoop nog om 'n paar foto's Vrydag op te laai van die afgelope paar dae se dinge, maar julle is natuurlike ook welkom om my op te soek op Facebook en na die foto's van die afgelope paar weke daar te loer.

 

Ek dink dat julle baie meer van my sal hoor terwyl ek reis, want hotelle gee mens gewoonlik heelwat tyd om te dink en om ook blogs op te dateer :).

 

Groete

 

-Gideon-

   

Die video, Sondag, Kaapstad, Loslit Dag en foto's

(0 votes)

Tyd vlieg. Ek is nog steeds baie besig, en een van die newe-effekte is dat wanneer mens baie besig is, jy nie kans kry om belangrike dinge te doen soos om jou hare te kam, met vriende te gesels of te blog nie. Mens het dan uiteraard ook 'n verskoning waarom mens nie oor sekere onaangename aspekte wil praat nie of waarom mens sekere konfrontasies vermy nie.

 

Die video van Afrikadag is nog steeds nie klaar nie. Dit is meestal as gevolg van tegniese redes. Die ouens wat aan my video werk is onder baie druk van verskeie partye af, en ek dink dat omdat ek oor die algemeen 'n redelike nice persoon is, is my video die laagste prioriteit. Dit is nie so ernstig nie, omdat (soos julle miskien weet) ek nie by 'n platemaatskappy is nie, en nie afhanklik is van musiek om die pot aan die kook te hou nie.

Dan is daar die tegniese aspekte. Verlede Sondag het ek gaan kyk na wat die finale finale video sou wees, en daar was nog 'n paar dingetjies wat gekrap het. By my aankoms by Don se plek was daar 'n ander besoeker. Ongekunsteld en onbekend met die plaaslike Celeb ciruit soos ek is, het ek toe geen idee wie sy is nie, maar dit blyk toe dat sy die Chanelle de Jager oftewel Des 'n ster van Egoli is. Sy is besig om aan 'n projek te werk waarvoor Don 'n bietjie editing doen vir hulle. Ons kyk toe deur die video , en die heel tyd krap iets aan my. Julle sal moet wag om die video te sien om te weet waarvan ek praat, maar die video is uiters tegnies aanmekaargesit met spesiale effekte wat 99% van die video uitmaak. Ek was op byna geen een van die plekke in die video wat ons uitbeeld nie (behalwe die piramiedes). Nou sulke dinge kan mens met 'n sg "green screen" regkry. Ons het inderdaad ook 'n Green Screen gebruik, maar al die ander dinge wat in die video gebeur is geanimeerde gebeurtenisse. Die probleem daarmee is dat as mens in 'n geanimeerdie of virtuele wereld is, is dat dit regtig nie eg lyk nie. Ek het die ding so gekyk en gekyk en het probeer om uit te werk hoe ek meer "in" die virtuele wereld kan blyk te wees, toe Chanelle haar vinger op die probleem le. Ons het nie skaduwees gehad nie. Don stel toe dat dit nou nie so 'n groot probleem is nie, en begin sommer daar en dan te werk aan 'n skaduwee vir een van die scenes, en voila! - ewe skielik kom alles bymekaar. Dankie Chanelle!! Helaas soos die Mafia sou se is daar nie so iets soos 'n gratis ete nie, en die probleem is dat die skaduwees die render  ('n term wat die rekenaarproses beskryf waar verskillende komponente saamgesmelt word om een beeld te vorm) tyd van die indiwiduele scenes verleng het met ure. Om die finale video te render neem nou nie ure nie, maar dae! Die een scene van 'n paa rminute het byvoorbeeld 20 uur geneem om te render!

Die finale resultaat is dat al lyk die finale roduk nou baie mooi, sal ons nog 'n bietjie moet wag vir die video om klaar te kry. Miskien die volgende paar dae dan laat ek julle sien op Youtube.

 

Yolanda Barnard se Sondag braai-ding artikel het toe vandag verskyn. Mooi storie, en my lekker resepte is ook daarin. Dit was regtig 'n lekker dag, en ons het lekker gekuier met Yolanda, Lise en Lydia. Dankie julle almal vir die moeite wat julle gedoen het. Susan en ek het dit vreeslik baie geniet.

 

Verlede week moes ek Kaapstad toe om te gaan werk doen (ek moet op een of ander manier vir al die duur musiek, video en fotografie-goed betaal). Die resultaat was dat ek 'n suksesvolle werkie afgehandel het, maar ook in die proses 'n paa rmooi foto's kon maak:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tafelberg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Grand Western

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Klopse

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog Grand Western

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

So, Kaapstad was weereens die moeite werd.

 

 

Loslitdag was ook baie pret. As

 

die nuweling op die blok het ek as een van die eerste drie opgetree. EK het maar weer my ding met my kitaar'tjie gedoen, en die ander het hul ding gedoen met met hul onderskeie instrumente tot hul beskikking. EK het 'n paar gawe mense ontmoet en soos wat dit normaalweg gebeur het ek ook 'n paa rminder gawe mense ontmoet. So is die lewe. As daar nie assholes is nie, sal mens nie weet wat gawe mense is nie. Ek moet byse dat daar al in die verlede mense was wat ek by eerste onmoeting as assholes beskou het maar wat nou van my beste pelle is. Dus is ek die keer ook tien-teen-een verkeerd. Musikante wat saam met my opgetree het was onder andere Anelle Botha, Pieter Smith, Pieter Koen, Kurt Darren en NNadine. Nadine is kamera-vriendelik. As jy foto's neem sal jy erstaan wat ek bedoel. Sommige mense is so fotogenies dat dit byna onmoontlik is om 'n slegte foto van hulle te neem. Ander mense is baie harder werk om its moois van te neem. Ek sal nog foto's oplaai van Loslitdag, dan sal julle sien wat ek bedoel.

 

 

Hier is ook 'n paar foto's van die dag toe ons MK Unplugged na die Liedjieboer vernoem het. Ek tree terloops vanmiddag ook weer daar op. Miskien sien ek julle daar.

 

Die Liedjieboer self

 

Hier is die Liedjieboer self in 'n peinsende bui.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hans

 

 

Hansie Slim se Hans is besig om te interpreteer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hansie Slim met Wouter

 

 

Hansie Slim met Outer van de Venter wat uithelp op die kitaar

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wouter van de Venter

 

 

 

Wouter van de Venter

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Charlie van Beeskraal

 

 

 

Charlie van Beeskraal

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Beeskraal

 

 

 

Beeskraal Live

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nouja, dit is dan al vir my vir vandag.

 

Tot Kyk

 

-Gideon-

Read more: Die video, Sondag, Kaapstad, Loslit Dag en foto's

   

Page 16 of 18

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 40 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za