Video Shoot
Last Updated on Saturday, 31 May 2008 20:18 Written by Gideon van Zyl Monday, 19 May 2008 12:55
Soos belowe gaan ek julle iets meer vertel van die video wat ons besig is om te maak van "Ek het nog mye lewe".
Ten eerstens, kan ek dit baie, baie sterk aanbeveel as 'n filosofiese oefening. Vir die duur van die maak van die video is daar iemand anders wat in beheer is. Donovan vn Wyngaard van Riverwalk Produksies en sy span het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Ons het Brenda en Wimpie van Monsoon Photography se studio gebruik vir die video en as fotograaf was ek baie tevrede met die setup daar. Dit is behalwe vir die feit dat Brenda en Wimpie uitsonderlike mense is en nie net hul studio nie, maar ook hul huis beskikbaar gestel het vir die oefening. As julle 'n goeie studio soek om julle werk te doen, bel haar gerus by 083 452 4530. Julle sal nie spyt wees nie. Terloops vir julle musiekliefhebbers - Brenda is ook bekend as Brenda Burnit en Brenda en Wimpie is in die groep Die Kaalkop Waarheid (DKW). Dus nie net cool mense nie, maar ook talentvolle musikante en fotograwe.
Hier is 'n foto van Brenda.

En hierdie is Wimpie.
Dus gawe mense en ons het 'n heerlike tyd gehad. Wimpie het een van my kamera's om sy nek hang vir die een toneel waarin hy as fotograaf optree. Die spesifieke toneel het Wimpie, Brenda (as joernaliste), Hannes Brummer (as politikus) en Mario as kameraman.

Hier is Hannes en Pedro besig om die land se probleme op te los - vinnig en effektief ;)
In die foto regs is die produksiespan besig met "iets". EK dink dit het iets te make gehad met beligting... of iets

Coenie het regtig iets gedoen. Hy was ons beligtingspersoon. Hy is ook toevallig die ander helfte van Prinses Petro - voormalige moeilikheidmaker van Rokkeloos en nou toekomstige moedertjie. Petro was ook betrokke by die produksie as die hoof moeilikheidmaker en het allerhande belangrike dinge gedoen soos om makeup te check (en reg te maak), en sommer net oor die algemeen bossy te wees.
Sy het ook onder andere kaarte vasgehou vir beligting, en speel ook in twee tonele - 'n hijack toneel en een waar sy verby Hannes loop en hy besluit om liewers met geld wat ek vir hom gegee het agter haar aan te hardloop. As jy nie verstaan nie, kyk die video...

Hier regs is Petro besig om Wouter te verander in die Blou man van daai Skotse moewie oor Skotland wat probeer vry wees het en in die proses net nog 'n plek veroorsaak het waat 'n hoop klippe staan wat vertel hoeveel Skotte daar dood is ('n nasionale tydverdryf blykbaar).
Sorry ek dwaal af.

Die foto is waar ons almal regmaak om die hijack toneel te verfilm.

En hier is die nimlike MD Greyling met Petro wat 'n kaart hou sodat white balance gedoen kan word. MD verskyn net voor die erste chorus en luister in die video na die cd. Dis skoot is nogal gaaf waar dit begin. Die kamera zoom in op my oog en dan verander my oog in die omslag van die cd wat dan in MD se hand. Hy luister na die cd en begin dan saam te sing met die chorus. .

Die piece de resistance is natuurlik ons band. Ons het 'n heerlike fake band saamgestel met Pedro Barbosa as ons lead speler, Wouter van de Venter as ons akoestiese kitaarspeler (die liedjie het nie 'n akoestiese kitaar in nie) en dan op percussions het ons vir Skollie - ook bekend as Eugene R ingespan. Ek weet nie of Skollie al ooit percussions gespeel het nie, en die liedjie het ook nie percussions in nie, maar dit was weldeeglik interessant om te sien en pas by die tema van die video in.
Die tema gaan so 'n bietjie oor die konsep dat jy dinge ten goede moet verander wat jy kan, en die dinge aanvaar wat jy nie kan verander nie. In die video kan ek dinge kan verander - soms vee ek iets uit wat sleg is of iets verdwyn, soos die highjacker wat verwyn en die leuns van die politikus wat ek uitwis. Ander kere verander ek iets, maar gebeur ander dinge as ek dit klaar verander het. Soos die scenario waar ek vir Hannes wat met sy rekeninge sukkel 'n hoed vol geld op die tafel sit. Hy is baie bly maar sien Petro verbyloop en gryp die hoed vol geld en hardloop agter haar aan. Soms kan ek iets verander maar die volgende keer werk dit nie. In die eerste chorus gebruik ek 'n remote om die band weg te kliek. In die tweede chorus werk dit egter nie en moet ek maar net hul teenwoordigheid aanvaar en uiteindlik met hulle saamrock.
Dit is nes die lewe en ek wil baie dankie se vir Donovan en die span dat hulle die konsep so lewendig kon maak. Ek hoop julle geniet die video wanneer hy op die lug is.
Groete uit die Blou Huis.
-Gideon-
ns - die huis gaan nog net so 'n week lank blou wees - hulle kom hom volgende week verf





