Monday, December 18, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Blog

Dag 4 - nog nie heeltemal roetine nie, maar gaan sterk.

(1 vote)

Dag 4 was weereens 'n goeie dag, en ons is nog op spoor. Ek het nie kans gehad om vandag voor nou te blog nie, maar dit is mos soos die lewe werk. Ons is baie keer onderhewig aan ander dinge wat ons dag beplan. Nogtans het ons 'n plan gemaak. Ek het nie vandag die foto geneem nie, want my Susanna het 'n mooi kiekie geneem terwyl ons op pad was om winkel toe te gaan. Cool fodie dink ek. Die girl het talent.

Read more: Dag 4 - nog nie heeltemal roetine nie, maar gaan sterk.

 

Dag 3 - Alles nog goed

(1 vote)

Ons is nog op spoed. Ek het my foto gedoen vir die dag, ons diet nog en soos julle kan sien blog ek nog. Dit gaan daaroor om in 'n roetine te kom. Al die gevliegery is geneig om my roetine te versteur en dan ewe skielik doen ek ni emeer dinge wat ek veronderstel is om te doen nie. Die werklike uitdaging gaan wees om die roetine te handhaaf oor die volgende paar maande. Daar lê vir my 'n paar reise na Kaapstad voor, 'n reis na Nigerië en dan 'n paar weke in Saoëdie Arabïe. Dus - dit word die werklike toets vir my roetine.

Read more: Dag 3 - Alles nog goed

   

Dag twee van my eie Grootste Verloorder

(1 vote)

Hierdie is 'n vreemde ene, maar dit is wel vir my 'n manier om meer fokus in my lewe te kry. Ek het besluit om my gewigsverlies ook op ander maniere te dokumenteer. Ek beplan om oor die volgende weke tot ek my ideale gewig bereik het, myself elke dag te fotografeer. Ek weet nog nie hoe nie, ek weet nog nie waarmee nie, en ek weet ook nie waar nie, maar dit is die plan. Dit dien twee doele. Dit noop my om getrou te blog, maar dit noop my ook om aktief foto's te neem en te eksperimenteer met verskeie fotografietegnieke wat ek al lankal wou beproef. Daar is ook sekere grense waarmee ek sukkel.

Read more: Dag twee van my eie Grootste Verloorder

   

Hello weer

(1 vote)

Ek weet amper elkeen van my plasings begin met 'n verduideliking waarom ek so lanklaas iets op hiertoe blog geskryf het, dus gaan ek nie verduidelik dat ek baie besig was en meestal weg van die huis af was nie. Ek gaan ook nie verduidelik dat ek so 'n bietjie van 'n krisis beleef oor kreatiewe riging nie. Ek gaan ook nie verduidelik dat ek 'n gebrek aan kreatiewe rigting het omdat ek so besig is nie. Dus…

 

Read more: Hello weer

   

Gideon van Zyl Fotografie

(4 votes)

Deur die jare het hierdie webblad verander en getransformeer om my veranderende belangstellings en aktiwiteite te reflekteer. Musiek, fotografie, skryf, kuier - alles deel van my lewe is op hierdie blad gereflekteer. Op hierdie stadium is fotografie besig om al belangriker te word vir my en het ek by die punt gekom waar Gideon van Zyl Fotografie 'n realiteit word as 'n lewensvatbare studio.

Wat beteken dit? Dit beteken maar net dat ek al meer werk doen teen betaling, en dat ek die fasiliteite en toerusting het waarmee ek byna enige professionele kwaliteit fotografieopdragte kan hanteer.

Dit beteken ook dat hierdie webblad in die afsienbare toekoms verskeie veranderings sal ondergaan om hierdie fokus te reflekteer.

Gaan loer gerus by http://gideonvanzyl.co.za/website/multimedia/fotografie.html vir van my foto's.

Read more: Gideon van Zyl Fotografie

   

Page 3 of 18

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 14 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za