Monday, December 18, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Blog

2010 is hier!

(2 votes)

2010 is hier!

2010 is uiteindelik hier. Dit is asof daar ‘n buitengewone optimisme is oor 2010 wat byna onnatuurlik is. Dit is nie net Suid-Afrikaners wat hierdie optimisme tentoonstel nie maar mense van oor die hele wereld. Dit is asof 2010 ‘n byna magiese getal is vir mense. Of miskien is dit net die teenslae van 2009 wat mense laat voel dat dinge net beter kan gaan in die nuwe jaar. Dit was ‘n moeilike jaar vir meeste mense in die wereld. Ons is geteister deur die ergste wereldwye ekonomiese resessie sedert die groot depressie, mense het in hul miljoene werk verloor, duisende mense se huise is teruggeneem, en in elke ekonomiese setor was daar inkrimping. In kort – geld was minder.

 

Read more: 2010 is hier!

 

Goeie tye, Slegte tye - dan is daar 2010 :)

(2 votes)

Ek is nou reg vir die nuwe jaar. Bring it on 2010.

Die afgelope ruk was hekties. Baie hekties. Okei, ek weet dit is niks nuuts nie, maar gewoonlik moet ek cope met 'n dag vol ander werk en dan nog my skedule probeer byhou om my passies uit te leef. Die laaste paar dae het ek net daarop gefokus om my huis in orde te kry sonder die normale daaglikse werkslas, en ditwas 'n 6:00 tot 24:00 ding.

Daar is twee dinge wat fokus was vir my. Die een was minder aangenaam, en die ander was 'n regte plesier. Maar laat ek eers die lekker oor gesels.

 

Read more: Goeie tye, Slegte tye - dan is daar 2010 :)

   

Wat het gebeur in Nigel?

(2 votes)

Wat het gebeur in Nigel?

Ons is genooi om Saterdag die 19e ‘n gig te gaan speel by Nigel in die Oos-Rand. Interessante plek Nigel. Dit is vir my die eerste gig wat ek ooit in Nigel gedoen het, en ook die eerste keer wat ek enigsins in Nigel was waarvan ek weet. Ooit.

 Ok, so ek het 'n blou wang opgedoen en dit kan een van drie dinge wees:

(a) Daar was 'n girl in die voorste ry wat vir my ogies gemaak het en my vrou het my geslaan

(b) Ek is aangeval deur 'n Gazebo

(c) Ek was in Nigel

Lees verder vir die antwoord Wink

Read more: Wat het gebeur in Nigel?

   

'n Lekker vet debat

(6 votes)

Ek het ‘n tyd gelede geskryf oor vet mense, diete, en wat dit is om vet te wees. Ek dink dit is tyd om weer daaroor te praat in die lig van die gesprekke oor lugrederye wat nou passasiers wil weeg. Ek praat aspris van vet – nie oorgewig, horisontaal gestremd of enige van die eufemismes wat gebruik word om ons te beskryf nie. Ek is vet – en snaaks genoeg – gemaklik daarmee. Wil ek nie maer wees nie? Ja asseblieftog. Ek wil. Ek wil dit absoluut wees. Geen verskonings nie. Maar ek is nie. As ek ‘n magic switch kon gooi om net te kan verslank sou ek dit doen, maar ek het nie een nie, en ek gaan nie dat jy my selfbeeld opdonner net omdat jy nie gewoond kan raak aan my liggaamsvorm nie.

Read more: 'n Lekker vet debat

   

Gerdt Roetz, Lydia Winchester, Johnny Late, Murg en Route 66

(3 votes)

Ja, ek weet. Dit is ‘n baie laat blog die, maar daar het baie gebeur intussentyd. Meeste daarvan goed. Baie goed selfs.Hoogtepunte uit die laaste paar weke sedert my vorige blog is Gerdt Roetz se video opname, Lydia Winchester se jaar-eind paartie, Johnny Late se DVD opname, Verdere opnames aan Murg se debuutalbum, Naak, Murg se optrede by die Bootklub by Hartebeespoortdam en Akoestiese optrede by Route 66 naby hartebeespoortdam

Read more: Gerdt Roetz, Lydia Winchester, Johnny Late, Murg en Route 66

   

Page 6 of 18

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 17 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za