Monday, December 18, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Blog

Blackie, Dozi, Liedjieboer en Rugbyhemel

(3 votes)

Die laaste paar dae was nogal rustig nadat ek ‘n uiters besig tyd gehad het. Miskien was dit omdat my internet verbinding opgebruik was, en ek dus nie kans gekry het om enigiets te doen nie. Nogtans het ek wel gepoog om my dae vol te maak met niksseggende dinge soos om Rugby te kyk, rugby te kyk, rugby te kyk ... en gister het ek my studio ‘n bietjie uitsorteer. Dinge werk nou weer wat in ‘n tydjie nie gewerk het nie, en ek het my eie spasie om weer ‘n bietjie kreatief te wees. DIt is ‘n goeie ding want as alles gaan soos ek hoop, het ek dalk binnekort weer 12 liedjies nodig vir (nog) ‘n nuwe cd.  Dus - skryf moet ek skryf.

‘n Stappie terug – verlede week en Donderdag en Vrydag was wel besig. Die keer was ek net ‘n passasier. Donderdagaand het die van Zyl’s Liedjieboer toe gegaan en vir Dozi en Blackie Swart gaan kyk en Vrydagaand was ek en Susan weer by die Liedjieboer om ons vriende en kollega’s te gaan ondersteun.

Read more: Blackie, Dozi, Liedjieboer en Rugbyhemel

 

Siek in die Bed.

(3 votes)

Daar sit ek toe vandag die hele dag in die bed. Ek haat dit wanneer ek voel date k siek is, maar ek haat dit nog meer wanneer die medisyne wat ek gedrink het my laat beter voel maar ek weet ek moet in die bed bly om myself kans gee om gesoind te word. Dus was ek vandag ‘n bietjie van ‘n brombeer – ek moet dit tot my spyt erken.

Ek het in elk geval die grootste gedeelte van die dag gewerk hier uit my ruimte – veilig op die elektriese kombers, maar met die laptop op my skoot. Ek het baie dinge om te doen. Vandag was ek meesteal in gesprekke met iemand in Indie. Moenie vra waarom nie – dit is kompleks.

 

Read more: Siek in die Bed.

   

Die Naweek

(5 votes)

Ja, ja – ek weet ek was alweer treurig met die opdatering van my blog, so kom ek prober ‘n bietjie substansie gee vir ‘n keer. Sedert my laaste blog het ek weereens nie grond geraak nie. DIt was soms positief en soms minder positief.  Meer positief as anders.

Ons het op ‘n soeke gegaan na ‘n drommer, en dit is nogal ‘n storie vir die gemiddelde band. Ons kan natuurlik nie ‘n uitsondering op die reel wees nie, dus het ons oudisies gehou met verskeie drommers. Ek dink ons het nou die person na wie ons gesoek het, maar ons sal moet nou eers seker maak dat hy ook gelukkig is om saam met ons te speel. Ek laat meer waat wanneer ons ook meer weet.

 

Read more: Die Naweek

   

Vrouedag

(5 votes)

Gister was Vrouedag.

Ek kan nogal verstaan van al die dae wat ons het wat politiese saamtrekke tot gevolg het. Soos Vrouedag, Jeugdag, Dag van Versoening, Werkersdag, Vryheidsdag, Menseregtedag en Erfenisdag. Elkeen van hierdie dae roep ‘n politiese gebeurtenis in herinnering.

Dan is daar natuurlik al die religieuese vakansiedae – of miskien moet ek eerder daarna verwys as vakansiedae wat hul oorsprong in religieuese vakansiedae het. So het ons Paasfees, Kersfees, en natuurlik die dae wat nie polities of religieus is nie soos Nuwejaarsdag.  

Dan kry ons die kommersiële dae wat nie vakansiedae is nie soos Moedersdag, Vadersdag (dankie tog ons manne kry ‘n nie-amptelike dag ook, maar dit is ‘n gesprek vir ‘n ander dag), Valentynsdag.

Uiteindelik het ons die vakansiedae wat net gevier word deur enkelinge. Soos verjaarsdae, troudagherdenkings, die herdenking van die sterfte van ‘n familielid of ‘n eggenoot. Sluit dan in die dae wat ons net vier ter wille van ander nie.

Met elkeen van hierdie dae het ons ‘n ander verbintenis daarmee. Sommige is betekenisvol vir jou as indiwidu, ander is minder belangrik vir ons. Dit hang af van jou verwysingsraamwerk.

Read more: Vrouedag

   

Die varkverkoue loop swaarder. Nuwe drommer

(2 votes)

So kom ons al weer terug by die Sogenaamde Varkgriep oftewel A(H1N1) of tewel die Meksikaanse Griep. Die eerste bevestigde slagoffer het verlede week gesterf. Dit het gisteroggend eers bekend geword. Vandag hoor ons toe van ‘n tweede slagoffer – ‘n 44-jarige man wat dit vermoedelik in Swaziland opgedoen het. Die manier wat ek voel vandag is dit moontlik dat ek enige van ‘n verskeidenheid griepe opgedoen het en my kollega Angus is ernstig siek in die bed. Nou voel ek ook vreemd genoeg onrustig.

Die ding wat my die meeste verontrus is is dat ek en jy moontlik nie sal weet dat ons varkgriep het voor ons dalk ‘n week lank al dood is of ‘n week lank al gesond is nie. Waarom? Ek het geen idee nie. Wanneer ek na die dokter gaan, ondersoek hy my, en vertel my ek het Duitse Masels of griep of hartprobleme of geelsug of watookal. Nie eers ‘n week later nie. Nou waar ek vandaan kyk is dit regtig lastig as ek eers ‘n week later hoor dat ek al die tyd nie verkoue gehad het nie, maar ‘n dodelike siekte. Dit kan nogal lewensveranderd wees, veral as jy dit nie oorleef nie.

Read more: Die varkverkoue loop swaarder. Nuwe drommer

   

Page 8 of 18

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 22 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za