Friday, March 06, 2015
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Blog

Vrydag - uiteindelik! 'n Ander faait. Varkgriep in die townships.

(1 vote)

Vrydag - Uiteindelik!!

 

Die chaos stop nie, maar gisteraand het ek ‘n bietjie van ‘n break gekry om net asem te haal. Ek hou daarvan om besig te bly maar sommige dae is net so ongelooflik druk dat ek wil smeek dat die lorrie net so ‘n bietjie mote stop. Woensdag was nogal hersteltyd vir my na die Battle of the Bands van Dinsdagaand, en Woensdagaand het ons ons normale gig gedoen by Liedjieboer. Dit was ‘n bietjie stillerig gewees , en ek was baie moeg, en die energie was merkbaar afwesig. Die lekker verrassing was dat da Mario en Karin opgedaag het, ek ons het darem kans gehad om ‘n bietjie te kuier. Dit was nogal gaaf gewees met my Susanna wat ook daar was. Woensdagaande by die Liedjieboer bly vir my maar ‘n fondasie-gig. Ons is tuis en by die huis daar.

Read more: Vrydag - uiteindelik! 'n Ander faait. Varkgriep in die townships.

 

Klipdrift Battle of the Bands. Gerrie Pretorius

(2 votes)

Die groot nuus van die afgelope twee dae is dat Murg effektief deur is na die semi-finale van die Klipdrift Battle of the Bands. Die bands wat in die laaste rondte speel Dinsdagaand die 14e sal ‘n groot haas uit die hoed moet trek om ons uit daardie posisie te speel. Ons he took gisteraand ‘n celeb judge gehad in Gerrie Pretorius wat daar was. Ek weet nie of dit ons gehelp het of nie, maar dit was nogal cool om hom te ontmoet, en eerlik gesproke het hy met sy sinvolle kommentaar op sommige van die swaarder rock bands my respek gewen. Hy is baie meer as net ‘n Bles Bridges kloon of Swing sanger.

My uitkyk dat die publieke persoon en die persoon self twee verrassend verskillende persona's is het alweer vir my kom keelskoonmaak. 

 

Read more: Klipdrift Battle of the Bands. Gerrie Pretorius

   

Die Korporatiewe gig. Ons praat nie rugby nie. Opname saam met Riku Latti

(1 vote)

Wat ‘n wilde tyd die laaste paar dae!! Vandat ek laas geblog het het ek eerlik gesproke nie kans gehad om te blog nie. Nie omdat ek nie probeer het nie, net omdat ek die hele tyd uit besig was. Okei – Saterdag gedurende die rugby kon ek seker geblog het, maar – dit was rugby.

 

Read more: Die Korporatiewe gig. Ons praat nie rugby nie. Opname saam met Riku Latti

   

Leeus Ondersteuners is net Moungatte

(3 votes)

Ek het die afgelope paar dae vurig op my hande gesit oor die hele Leeus/Bokke debat. Ek moet egter stel dat ek tot die teleurstellende besef gekom het dat die Engelse regtig ‘n klomp moungatte.

Al wat ek in die Britse pers lees is oor hoe onregverdig hulle behandel is en dat die toets deur die Springbokke gesteel is, en hoe sleg alles gereel is en dit hou net nie op nie.Aag foeitog - jammer om te hoor van jul probleme. Kom na Suid-Afrika om te wen en speel om te wen, moenie die ref, die weer, die griep, die pa van Schalk Burger en die SUid-Afrikaanse afrigter blameer nie. So sal julle span nooit kan wen nie. Mens wen die game op die veld.

Read more: Leeus Ondersteuners is net Moungatte

   

Vriendskap en Yolanda Barnard se Boekbekendstelling

(2 votes)

Die lewe is soms vol vreemde kompromieë. Een van die kompromieë is dat ‘n mens soms moet goed nadink oor wat in die belang van vriendskap is, en wat in eiebelang is. Ek probeer om die belang van vriendskap eerste te stel, maar dit is nie altyd so eenvoudig nie. Wat as mens byvoorbeeld twee vriende het wat rusie met mekaar het? Wie se kant kies jy? Volgens my kan jy nie een van die twee se kante kies nie. Daar is nie kante, net die vriendskappe.

 

Read more: Vriendskap en Yolanda Barnard se Boekbekendstelling

   

Page 9 of 18

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 15 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za