Monday, November 24, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Blog

Dag 12 - Huistoe

(2 votes)

Ek gaan vandag nie so vreeslik baie praat nie, want dit was nie 'n dag om baie oor te praat nie.Ek het uitindelik kans gekry om vanmore myself te weeg. Ek het darem verloor oor die paar dae wat ek in Kaapstad was - 900 gram. Gister was besig en gisteraand het ek huistoe gevlieg. Die keer met British Air. Oor die algemeen 'n meer aangename ervaring as wat Mango met sy super-klein sitplekkies en zero beenspasie was Dinsdagoggend.

 

 

Read more: Dag 12 - Huistoe

 

Day 11 - Business as Usual

(2 votes)

Day 11 was a quiet or a busy day - depending how you look at it. I dod not do much, did not go anywhere and did not achieve anything really. I went to my customer in the morning and spent the day there till after 5 when I went to the guest house, had a quiet dinner and then retreated with a book. Nothing special to report. I did however have fun writing my blog.

Read more: Day 11 - Business as Usual

   

Dag 10 - 'n draai in Stand

(3 votes)

Ek geniet dit altyd om in Kaapstad te wees. Die plek het net iets wonderliks aan wat vir my laat lewendig voel. Dei wind, die weer, die mense. Daar is iets lewendigs. Mens kyk op en lyk nie die heel tyd kwaad nie. mense hare kan maar deurmekaar wees, en dit is 'n style statement. My wortels lê ook diep hier. Ek en my Susanna het baie jaar hier gewoon, en ek dink dat wanneer alles reg is daarvoor, sal ons weer terugkom. Wanneer dit gebeur trek ek nie weer na 'n plek waar ek nie die Berg kan sien nie.

 

Read more: Dag 10 - 'n draai in Stand

   

Dag 9 - Ek en vlieg

(2 votes)

Die grootste enkele bedreging vir iemand se diëetplan is om te reis. Nie net omdat mens dan aan snaakse tye blootgestel word wat nie in jou normale roetine inpas nie, maar omdat mens dan ook soms aan buitengewone en eetversoekings blootgestel word. Soos daai lunch saam met kollega's wat betaal vir die kreef thermidor of wat jou stiek vir lynvis wat met botter en knoffel gaargemaak is. Ok - ek dink wk fantasseer nou - dit is baie lanklaas dat iemand my vir 'n crayfish thermidor gestiek het, maar dit gaan oor die beginsel. As mens reis is daar nie plek vir veilige roetine nie, so mens moet baie harder op jouself wees as gewoonlik. Ek was ten spyte van dit soet. Jolene van Sun Belle Lodge het mooitjies vir my slaai gemaak vir die aandete. Dankie vir die moeite, Jolene!! Ek sal wel 'n bietjie verdwaal wees vir 'n paar dae tot ek weer by die huis is by my eie skaal.

Read more: Dag 9 - Ek en vlieg

   

Dag 8: 'n Redelike normale Maandag. Blou.

(2 votes)

Ek besef toe mos nou dat ek elke dag op die volgende dag foto's neem wat ek gebruik vir die vorige dag. Mens kan ook maar lekker stoepid wees. Ek het dit besef toe ek vandag (dag 9) vlieg Kaapstad toe en foto's neem op die vliegtuig en toe eers besef dat die foto's heeltemal nie by dag 8 pas nie. Nou sal ek maar 'n plan moet maak om alles reg te kry, en het toe maar besluit dat ek 'n foto wat ek op 'n ander tyd geneem het moet gebruik. Vir geen ander ree as dat ek van die foto hou nie :). DIt is 'n foto wat ek verlede maand in Lissabon geneem het by die area genaamd Bairro Alto. Baie van die restourante in Bairro Alto het 'n uitstalling van die tipe van goed wat jy (uiteraard gaar) kan kry binne hul restourante. Daar is uistallings van vis, van kaas en wyn en in hierdie geval is dit van Carne - Vleis - iets wat ek toevallig op die oomblik mag eet. ;).

 

Read more: Dag 8: 'n Redelike normale Maandag. Blou.

   

Page 2 of 18

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 36 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za