Saturday, May 18, 2013
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Blog

Reise en soetkyse - waarom ek vlieg haat.

(3 votes)

Reise en soetkyse

Ek sal baie moontlik die volgende paar dae nie in kommunikasie kan wees nie, so verwag nie om te blog voor omtrent die 19e nie. Ek vertrek more-middag Kaapstad toe vir ‘n dag. Daar sal ek moontlik die bekendstalling van die nuwe Houtstok Radiostasie bywoon, en Vrydag by een van ons klante ‘n draai maak. Die aand vlieg ek laat terug huysitoe, en dan weer 2-uur die middag na Engeland toe vir ‘n paar dae. Ek sal meer van dit vertel wanneer ek terug is. Julle is nog steeds welkom om boodskappe te stuur en my selfoon gaan ook saam, maar ek sal dalk stadig reageer.

Tagged underKaapstadLondenVlieg

Read more: Reise en soetkyse - waarom ek vlieg haat.

 

Baai-baai Simply Slim, Eksplisiete video LMGA!

(3 votes)

Okei, dit lyk my asof my Eksperiment vroegtydig ten einde gekom het. Simply Slim is deur die medisyneraad van die rakke af laat haal omdat dit te veel Subutramienbevat het. En hier gaan ek ter wille van die wetenskap en suip die goed vir meer as 'n maand net om agter te kom dat die goed verbode middels bevat. Okei, soos sommige van my vriende jou sal vertel, is alles wat verbode is nie noodwendig sleg nie, en sommige van hulle sal selfs aandring daarop dat die feit dat iets verbode is juis beteken dat dit verbode is omdat "the Man" al die lekker goed vir homself wil hou. Die jurie is nog uit daaroor en sal sekerlik nog 'n paar eeue lank oor daai ene sit.

 

Read more: Baai-baai Simply Slim, Eksplisiete video LMGA!

   

Tussentyd, Die vet is in die vuur, Naakte kritiek, Sunnette en Hennie se ding

(2 votes)

Ek voel op die oomblik of ek 'n bietjie in die tussentyd staan. Dit is wat ek dit nou maar noem. Die tussentyd is die tyd tussen wanneer iets gebeur en iets anders gebeer. Dan is jy intussentyd besig met ander goed om die tyd om te kry tot die volgende groot moment. Ek voel ook so 'n bietjie geintimideer deur hierdie blog. Ek kan nie verstaan hoe enigiemand daagliks kan blog nie. Nie as hulle 'n program het soos myne nie. Ja, ek weet ek kan darem net daagliks hello se soos 'n statusupdate, maar daarvoor het ek tog Facebook en Twitter... okei - ek sukkel nog omd ie sin van Twitter te sien, maar as ek lank en hard genoeg konsentreer sal dit seker duidelik word - as nie deur 'n proses van verligdheid nie, dan definitief deur 'n proses van osmose. Moenie vra wat ek bedoen nie, want en is seker dat ek ook nie die tyd sal he om osmose te verduidelik en hoe dit van toepassing kan wees op die proses van verligdheid (0f gebrek daaraan) nie.

 

Read more: Tussentyd, Die vet is in die vuur, Naakte kritiek, Sunnette en Hennie se ding

   

Simply Slim - 'n eksperiment

(2 votes)

Die Eksperiment

 

- Sedert 10 Desember 2009 het ek ‘n eksperiment gedoen met ‘n gewigsverliesproduk genaamd Simply Slim. Ek dreig nou al ‘n tydjie om hieroor  te skryf, maar het net nie daarby uitgekom nie weens werksdrukte.

Die hele idee was om myself as kontrole te gebruik vir die stellings wat die spesifieke produk se verspreiders maak in Suid-Afika en die produk vir ‘n maand lank te gebruik. Nou, kom ons spring somemr weg met ‘n beskrywing van die kleims vir die produk. Die evrvaardiger stel dat mens kan gewig verloor deur een kapsule elke oggend voor 10 te drink en dan net seker te maak dat mens minstens 3 liter water ‘n dag drink, en – bob’s jou oom – jy gaan gewig verloor. As jy nie verloor  in ‘n sekere tydperk nie, sal jy al jou geld terugkry. Volgens hulel is die produk ook 100% natuurlike produkte en dus is alles net lekker en heerlik hiermee saam en jy sal nie verskriklik newe-effekte kry nie. Dan is daar die normale diskleimers dat jy altyd gewig moet verloor in samespreking met jou dokter ensovoorts.

 Die foto is verkry van http://www.sulekha.com/mstore/riverine/albums/default/thinking_monkey.jpg

Read more: Simply Slim - 'n eksperiment

   

Rewolusie.com in produksie, David gaan Filmskool toe

(1 vote)

Week drie van 2010 was weer rof, maar ons het baie gedoen gekry, so ek is ‘n gelukkige baba. Ek was veronderstel om Amsterdam toe te vlieg , maar moes die reis uitstel – so besig was dit. Gelukkig was ek goed besig, maar ek sukkel op hierdie stasium om 14 + uur werksdae aanmekaar te hou – veral as dit vir meer as ‘n week op ‘n keer aanhou.  Gelukkig weet ek date k oor so ‘n paar maande die vrugte gaan pluk daarvan.

 

Read more: Rewolusie.com in produksie, David gaan Filmskool toe

   

Page 5 of 18

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 49 guests and 4 members online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za