Sunday, February 17, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Blog

Trevor Sampson en Restoring the Sound

(4 votes)
Trevor Sampson

Een van my gunsteling mense in die hele wêreld is Trevor Sampson. Ek het Trevor die eerste keer ontmoet in 1985 by die Lighthouse koffiekroeg in Sunnyside. Trevor was op daardie stadium betrokke by CFAN (Christ for all Nations) en het daardie aand kom sing by die Lighthouse. Ek het hom vir ‘n paar jaar nie gesien nie tot 1990 toe Trevor betrokke was by ICMC (International Christian Motorcycle Convention) – sedertdien het ons op een of ander manier kontak gehou deur dei jare wat ek in die buiteland was.

Read more: Trevor Sampson en Restoring the Sound

 

Ekhurleni Elektrisiteit, Liedjieboer gig, T20 vanaand!

(2 votes)
Elektrisiteit treurmares.

Gister was ‘n vreemde dag. Ek het wakker geword met wat weer voel soos ‘n griep wat my weer beetgekry het. Dus het ek oes gevoel. Keel wat krap, hoofpyn, seer spiere – alles wat ek nie op hierdie stadium nodig het nie. Ek besluit toe dat ek sommer van die huis af gaan werk. My planne is ongelukkig ernstig in die wiele gery deur Ekhurleni Munisipaliteit wat on s’n gratis kragonderbreking gegee het.

Read more: Ekhurleni Elektrisiteit, Liedjieboer gig, T20 vanaand!

   

Jeugdag en Kindersoldate

(4 votes)

Jeugdag en kindersoldate

Nouja, gister was jeugdag – nog ‘n heerlike vakansiedag vir ons mense wat nie regtig altyd lus is om te werk nie. Ek verstaan die diep behoefte om mens se helde t evereer, maar daar is ook vir my ander, meer sinistere implikasies in die hele ding vir my.

Read more: Jeugdag en Kindersoldate

   

Naweek. Roosters Vrydagaand. WP-Leeus. SA-WI. Rea en Armand.

(1 vote)
Nouja, net sodra mens oor die week is, is dit alweer naweek. Soos julle sou gemerk het as julle evrsigtig opgelet het, was daar geen bloginskrywings oor die naweek nie. Ek het geen rede behalwe plein luiheid nie. Ok – luiheid en uitputting – en dit nie noodwendig in daardie volgorde nie.

 

Vrydagaand by Roosters was ‘n absolute fees. Die aand het vroeg begin, maar soos die tipe van dinge gebeur het die aand redelik gou aan die gang gekom. Na ons pouse het dit behoorlik aan die gang gekom, en ons moes nog songs uitdink wat ons kan sing aan die einde van set 2. Lekker!! Ons het uiteindelik darem so 1-uur daar weggekom, so ‘n billike aand met ‘n lekker gehoor.

Read more: Naweek. Roosters Vrydagaand. WP-Leeus. SA-WI. Rea en Armand.

   

Pieter Smith se Paartie. Mis en Kômminsêns. Vanaand by Roosters

(1 vote)
Pieter Smith se paartie by Liedjieboer

Gisteraand het ons lekker by die liedjieboer gekuier – die keer as ‘n lid van die gehoor as (betalende) klant. Die okkasie was die eerste event van Club 180 – ‘n musiekklub wat almal bydra daartoe om musikante uit te kry wat hulle graag wil hoor. Gisteraand se musikant was Pieter Smith. Wat ‘n paartie!! Moenie ‘n fout maak nie, Pieter verstaan van ‘n paartie maak en ek het vreeslik baie geleer uit hoe hy dit aanmekaar gesit het. Dit was regtig ‘n jol, en ek kan ten sterkste aanbeveel – as julle iets wil hou waar mense net ‘n heerlike tyd wil hê, kry vir Pieter in. Pieter se webblad is http://www.pietersmith.co.za/

 

Mis en afwesigheid van Kômminsêns

Ons moes ongelukkig vroegerig ry omdat Danté vandag weer skool het, en toe ons ry was die mis swaar. Nou ongelukkig gaan mis en ongelukke baie keer saam. Soos woede en geweld. Soos pubs en ‘n brawl. Ons het maar rustig aangepiekel teen so stadig as 20 km/uur met sig wat partykeer minder as 10 meter was. By Tembisa het

Read more: Pieter Smith se Paartie. Mis en Kômminsêns. Vanaand by Roosters

   

Page 10 of 18

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 65 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za