Radio Platorand, Tswane - die Heilige koei, Die twee Zuma's

R Radio Patorand onderhoud Gister was interessant. Baie interessant. Ek was gister by ‘n Studio in Silverton waar hulle die onderhoud met Rea (met ‘n e le Roux vir Radio Platorand) opgeneem het. Dit was vinnig en effektief in die kassie en sal as Radio Platorand se Ster van die Week uitgesaai word. Ons weet nie wanneer dit sal uitgesaai word nie, maar dit is ’n mooi onderhoud (volgens my). Ek sal julle op hoogte hou met die uitsaaidatums.   Vanmore kry ek toe uiteindelik weer kans om ’n bietjie te koerant, en o wee – dit is maar die normale ding vir ’n weeksdag by News24.  Die Heilige Koei vra duur vir haar melk Eerste „goeie“ nuus vir die dag is dat krag in die ewig-ontwykende Tswane (vir die naamveranderende burgermeester in elk geval) gaan opgaan met meer as 30%. http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2520527,00.html Net om almal nog gelukkiger te maak om in die land van die heilige koei te woon, gaan eiendomsbelasting, water en sanitasie-dienste met 13% styg en Vullisverwydering met 17%. Ek weet nie of dit net ek is nie, maar vir ’n regering wat probeer voorgee dat hulle omgee vir hul kiesers, lyk dit vir my ’n erg verdagte ding om te doen. Of miskien is dit ’n manier om al julle Pretorianers te straf wat nie vir die ANC gestem het in die vorige verkiesing nie? Ek sien dat dit nou die manier is wat besigheid gedoen word. Die ANC is glo ook nou besig om die DA te straf vir „beledigende“ opmerkings oor onse Prez.   http://www.news24.com/News24/South_Africa/Politics/0,,2-7-12_2520386,00.html . As straf vir Zille se uitlating dat Jacob Zuma sy vrouens blootstel aan moontlike besmetting met VIGS as gevolg van sy klaarblyklike voorliefde vir wyfies met VIGS en daarmeegepaardgaande kreatiewe voorkomingsmaatreels. Dit smaak my dat robuuste politiek net goed is wanneer dit bedryf word deur ons almal se gunsteling jeugleier.   Dudu se paartie Gepraat van Sy Edele die Prez-till-Jesus-comes – ek sien dat sy dogter-uit-een-van-sy-sewe-huwelike, Duduzile Zuma so hard gewerk het aan pappie se verkiesingsveldtog dat sy ‘n lekker verjaardagpaartie gehou het. ‘n Verjaardagpaartie van so R 400 000. http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2520492,00.html – die heersende Lord of the Flies, Julius was ook daar – met nog 600 van haar beste vriende. Een van my persoonlike gunstelinge vir so ‘n eerste-generasie-na-bevryding soiree moet sekerlik José Eduardo dos Santos ( die president van daardie ander vrug van die rewolusie – Angola) se dogter, Malva. Lank lewe die rewolusie! Geregtigheid en gelykheid vir almal! Duduzile is natuurlik ‘n “sakevrou” en dit is waarom sy ‘n soiree kan hou vir 600 mense. Misterieus genoeg kan die organiseerder nie vertel wie daarvoor betaal het nie. Terloops – dit is dieselfde Duduzile wie se getuienis in die hof deurslag gegee het tot Meneer Prez se vryspraak vir die verkragtingsaak so ’n paar jaar gelede. Ek wonner nou maar net. Hoe is dit dat die arme bloedjie so uitgeput was na pappie se verkiesing as ’n sakevrou beskryf kan word. As jy maande lank verkiesingsdinge doen is daar mos nie tyd vir sake nie?  ‚n Bietjie Google (ai wat het ons voor Google gedoen) noem dat sy gedurende Zuma se verkragtingsverhoor vir MTN gewerk het, en al wat ek op hierdie stadium op kort kennisgewing kan uitvind, is dat sy in alle berigte as ’n besigheidsvrou gelys word en gereeld vir onse Prez vergesel na amptelike funksies. Weet enige van julle watse besigheidsvrou die Eerste Dogter is? Laat my weet asseblief!  Vanaand gaan ons Andre Swiegers se show kyk by Steak 'n Ale. Sien julle daar!! Tot Kyk -Gideon-

Gideon van Zyl Written on Friday, 22 May 2009 11:46 by Gideon van Zyl

Viewed 3061 times so far.

Rate this article

(0 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."