Murg Resensie in Burger
My Ma laat my vanmore uit Gansbaai weet dat daar 'n resensensie van Murg in die Burger is. Nouja - die ys is besig om te breek
My Susanna is ook baie trots op my, al praat mens nie baie daaroor as mens al 23 jaar getroud is nie
***
http://www.dieburger.com/Stories/Features/17.0.58040087.aspx
Murg - Gideon
MARIANA MALAN
07/02/2008 06:15:54 PM - (SA)
AL hoe meer kunstenaars besef dat hulle van eenselwigheid moet wegbeweeg om ’n indruk te maak.
Dit is veral die geval as jy – soos Gideon – in Doebai woon en die kans dat jy ooit op ’n kunstefeesverhoog gehoor sal word, taamlik skraal is.
Die saxofoon en tjello en die alternatiewe ritme in die eerste lied, “Afrikadag”, laat ’n mens dus onmiddellik met aandag luister. Sommige liedjies word sensitief met net een instrument gesing; in ander word die instrumente ingespan om vir ’n indrukwekkende klank te sorg.
Die lied “Die Moeite Werd” is ’n kombinasie van lekker ritmiese musiek en treffende lirieke. Dit behoort een van die treffers van die album te wees.
| < Prev | Next > |
|---|




Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...