Monday, December 22, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Murg Resensie in Burger

My Ma laat my vanmore uit Gansbaai weet dat daar 'n resensensie van Murg in die Burger is. Nouja - die ys is besig om te breek  Cool

My Susanna is ook baie trots op my, al praat mens nie baie daaroor as mens al 23 jaar getroud is nie Laughing

 

*** 

 

http://www.dieburger.com/Stories/Features/17.0.58040087.aspx 

Murg - Gideon 

MARIANA MALAN
07/02/2008 06:15:54 PM - (SA)

 

AL hoe meer kunstenaars besef dat hulle van eenselwigheid moet wegbeweeg om ’n indruk te maak.
Dit is veral die geval as jy – soos Gideon – in Doebai woon en die kans dat jy ooit op ’n kunstefeesverhoog gehoor sal word, taamlik skraal is.
Die saxofoon en tjello en die alternatiewe ritme in die eerste lied, “Afrikadag”, laat ’n mens dus onmiddellik met aandag luister. Sommige liedjies word sensitief met net een instrument gesing; in ander word die instrumente ingespan om vir ’n indrukwekkende klank te sorg.
Die lied “Die Moeite Werd” is ’n kombinasie van lekker ritmiese musiek en treffende lirieke. Dit behoort een van die treffers van die album te wees.

 

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 43 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za